Monday 22 May 2017

Spotprente in die Afrikaanse klaskamer

Ek moet bieg, maar ek het die laaste les wat ek aangebied het baie geniet. As julle ooit interessante les idees wil hê, spotprente is nooit 'n slegte opsie nie. Die leerders geniet dit baie. Hulle lag lekker saam en dit wek ongelooflike kreatiwiteit by hulle op. En onderwysers vind dit net so lekker!

schalkwykrobert@gmail.com




Met die opkoms van die wel bekende Volkie-Gimmie naweek het die leerders baie idees en denke gehad. Die Volkie-Gimmie naweek is 'n naweek vol sport tussen die twee grootste skole in die Potchefstroom area. Dit is verniet om te gaan kyk en gebeur rondom die laaste naweek in Mei of die eerste naweek in Junie. Elke jaar wissel dit tussen Volkies en Gimmies se sportgronde.

Die leerders het hierdie geleentheid baie geniet en gebruik om hulle eie kreatiewe spotprente te maak volgens riglyne waaraan die spotprente moet voldoen.
Die leerders moes in hierdie week die gebruik van spotprente verstaan om te verstaan wat daarmee gedoen word en watter kwessies dit grootliks aangeraak word of gebruik word met die skep van spotprente. Die leerders gaan vir huiswerk spotprente kry om te analiseer en te doen vir huiswerk waar hulle vrae daaroor gaan beantwoord om voor te berei vir die eksamens.

http://repository.up.ac.za/bitstream/handle/2263/26799/02chapter4-5.pdf?sequence=3

https://www.youtube.com/watch?v=uCdUAvTQF2Q

No comments:

Post a Comment